VERANDERDE MENSE

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timoteus 3:16-17)

God praat met ons deur die geskrewe Woord (Die Bybel) en die lewende Woord – Christus Jesus. Die Woord is vir ons gegee sodat ons alles kan weet wat ons nodig het om te weet (Inform/Informeer), maar die Woord is ook daar om ons lewens te verander (Transform/Transformeer). God se mense is mense van die Boek – die Bybel. Die mens van God behoort toe te laat dat die Woord van God tot in die diepste dieptes van sy menswees indring en sy diepste bedoelinge en motiewe na die oppervlak bring. “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring selfs deur die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg.” (Hebreërs 4:12) Dit is selde lekker wanneer die Heilige Gees deur die Woord jou onsuiwer en selfsutige motiewe en bedoeling blootlê. Daar is ook min oorwinnings wat vergelyk kan word met ‘n erkenning van jou onsuiwer motiewe en om onder die leiding van die Heilige Gees die nodige regstellings te maak. Net ek en die Here weet van die grootste oorwinnings in my lewe.

Wanneer God se mense hulle gedagtes en hulle denke vul met die Woord van God, dan keer die Woord dat ons ongehoorsaam is en dinge doen wat nie tot sy eer is nie. “Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van U gebooie nie. Aan U beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.” (I have hidden your word in my heart that I might not sin agaisnt You.” (Psalm 119:10 en 11)

Ek neem elke dag ‘n gedeelte en dan kyk ek wat is die belangrikste dinge wat ek dink die Here vir my daaruit wil leer, en dan bly ek die hele dag in my gedagtes besig met daardie dinge. Ek sou dalk van tyd tot tyd ‘n teksvers memoriseer, maar ek verkies om na te dink oor die betekenis van ‘n vers en nie net ‘n vers te memoriseer nie. Op die manier probeer ek die Woord van God deel maak van my daaglikse lewe.

Hierdie “blog” het nogal baie vir my gedoen omdat ek in ‘n groot mate die sake waarmee ek in my gedagtes besig is ook hier neerskryf. Wanneer ek dan deur die loop van die dag terugkom na die “blog” toe word my gedagtes deur die Woord maar ook deur julle insette gevorm. Ek wil jou ook aanmoedig om jou gedagtes en jou vrae hier neer te skryf en toe te laat dat ander mense jou denke ook vorm.  

Wat doen jy om die Woord van God deel te maak van jou daaglikse lewe en hoekom is dit vir jou belangrik om die Woord van God deel te maak van jou lewe?  

About these ads

6 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Bybel, Die Christelike Lewe, Nagedink

6 responses to “VERANDERDE MENSE

  1. Vandat ek hier in die VSA bly gaan ek elke week na BSF (Bible Study Fellowship International provides you with the tools, the environment, the relationships, and the support you need to grow deeper in your knowledge and understanding of God and the Bible. This comprehensive inter-denominational Bible study program helps you gain a practical understanding of this important book. http://www.bsfinternational.org) Dit word elke week gehou in 38 lande. Elke dag het jy ‘n les om te doen. Elke Woensdag woon jy ‘n klas by en word daar ‘n lesing gegee. Daar is net een manier om God te leer ken en verstaan en dis deur sy Woord te studeer. Wanneer jy kennis kry groei jou geloof. Wanneer jy vir God beter verstaan word jou verhouding met hom sterker. Die Heilige Gees gee jou ‘n dors vir die Woord en Hy haal die sluier weg voor jou oe en jy verstaan soveel beter. Die Woord lewe en hoe meer jy dit verstaan hoe nader kom jy aan God. Wanneer jy ‘n gedeelte studeer lei die Heilige Gees jou en praat Hy met jou persoonlik deur die gedeelte. Die enigste manier om ‘n persoonlike verhouding te he met God is deur Sy woord in jou hart en op jou lippe te he. Dis ‘n proses van “sanctification”

    NB Ek voel bietjie simpel wanneer ek in Afrikaans moet verduidelik, ek hoop dit maak sin, vandat ek hier bly het ek regtig eers begin groei maar nou ken ek als in Engels en die terme is vir my vreemd in Afrikaans.

  2. Lyadyguinevere: Skryf gerus Engels en meng ook maar jou taal. Dit is wonderlik dat jy deelneem. Ek wonder net wanneer slaap jy, want as my berekeninge nie verkeerd is nie, is dit nou nag in die VSA.

  3. he he ja dis nou 10:27 in die aand en ek sit met my laptop binne in die bed en skryf.

  4. Thomas Dreyer

    As kinders het ons ouers ‘alleentyd’ baie belangrik geag. Eenmaal ‘n week het ek saam met of ma of pa iets gaan doen waar ons lekker kon gesels en net tyd saam met mekaar spandeer. Net so het ma en pa ook hulle ‘alleentyd’ gehad.

    Ek het geleer dat dit die enigste manier is om werklik verhouding te bou en te groei. So het ek dan ook my verhouding met God aangepak. Behalwe vir kerk en daaglikse Bybelstudie maak ek ‘n tydjie in die week waar ek alleen my ‘alles’ met God deel. Ja Hy weet en ken my, maar in die deel met Hom groei ons nader aan mekaar soos Jakobus 4:8 leer.

  5. Thomas: Ek stem saam, tye alleen met God is ‘n wonderlike manier om verhouding met Hom te bou.

  6. Leon

    Miskien is dit wat hier nie op hierdie gedeelte van toepasing nie.

    Ek ondervind in die afgelope paar maande dat wanneer ek my stiltetyd hou en die bybel lees en die gedeelte ,indien moontlik, as ‘n toneelstuk sien wat voor my afspeel dat daardie gedeelte vir my dan meer insig gee en nie net woorde is nie. Neem byvoorbeeld Handelinge 5 vanaf vers 18 en sien dan al die wonderwerke wat daar plaasgevind het. Sien hoe die tronkdeure oopgaan hulle booieloskom hulle by die wagte verby loop weer staan en preek.

    Ek hoop dat dit ook totander sal spreek
    Groete Leon

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s