WHAT’S NEXT PAPA?

Sondagaand wys my vrou, Renate, vir my hierdie snit op YOUTUBE:

Ek dink toe aan hierdie storie wat ek verlede week in Communitas se preekstof gelees het.

Walter Larimore  vertel van ʼn keer dat hy en sy vrou, Barb, by vriende gaan kuier het, Die vriende se buurman het ‘n jong  golden retriever gehad wat in die agterplaas ingeperk is deur ʼn elektroniese heining.  Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Pinkster

POST-CHRISTENDOM – GOD IS DOOD!

Ek onthou hoe die “god -is-dood-teologie” in my studiejare ons met baie vrae gelaat het. Die term het sy waarskynlik sy ontstaan gehad by die Franse teoloog Gabriel Antoine Vahanian. Hy was ‘n gereformeerde Calvinis en besondere kenner van Karl Barth en het ook een van Barth se werke vertaal.

In sy eerste boek The Death of God, wat in 1961 verskyn het, het hy die punt gemaak dat die moderne sekulêre kultuur in die Westerse beskawing sy rug reeds op God gedraai het. Vir Vahanian het die dood van God aangebreek toe God net nog een van die kultuurgoed van ‘n gemeenskap geword het.

In sy boek Wait Without Idols wat in 1964 verskyn het, skryf hy soos volg: Continue reading

2 Kommentaar

Filed under Die Kerk

WAAROM KERK TOE?

Thomas G Long het ‘n besondere boek geskryf met die titel: Beyond the Worship Wars: Building Vital and Faithful Worship. In die boek vra hy onder andere die baie belangrike vraag: Hoekom kom mense kerk toe? (Long:15) Mense kom natuurlik kerk toe vir verskillende redes: Gewoonte, dankbaarheid, skuldgevoelens, lojaliteit, druk van ander, ter wille van die kinders, diepe oortuiging, ander weet nie regtig hoekom nie.

Maar, ons weet dat erediensbywoning ‘n al hoe groter probleem word. Al hoe minder mense gaan kerk toe. Continue reading

1 Kommentaar

Filed under Erediens

EREDIENS AS ONTMOETING

Vrydagaand lees ek ‘n inskrywing van John Frye met die titel: From the Sheperd’s Nook: Preaching as Encounter. Een van die dinge wat hy skryf wat my getref het, was: Preaching, in some traditions, is a sacrament or comparable to a sacrament… What it means is: preaching is more about what God does, than what the preacher and congregation do.”  Vir Frye het prediking dus die sakramentele karakter in die sin dat God in en deur die prediking aan die werk is.

Bietjie verder skryf hy: “We preach for corporate encounter with God, Continue reading

4 Kommentaar

Filed under Erediens

DIE HEILIGE GEES EN MY SELFOON

Ek moes gisteroggend (Dinsdag 14 Mei) een van die plaaslike hoërskole se saalopeninge behartig. Altyd vir my ‘n voorreg. Maar… om ‘n groep hoërskoolkinders se aandag aan die begin van ‘n skooldag vir 15 minute te hou is nie ‘n grap nie. Daarom maak ek maar altyd van ‘n metafoor gebruik. (Jesus het feitlik net van metafore, dit is gelykenisse, gebruik gemaak toe Hy mense geleer het.)

Aangesien dit eerskomende Sondag Pinkster-Sondag is en die kerk dwarsoor die wêreld die uitstorting van die Heilige Gees en daarmee saam die geboorte van die Nuwe Testamentiese kerk vier, het ek gedink om ook oor die Heilige Gees met hulle te praat. My metafoor was ‘n selfoon.

‘N SELFOON WERK MET ‘N ONSIGBARE SEIN Continue reading

5 Kommentaar

Filed under Pinkster

EK GLO IN DIE HEILIGE GEES

Cas Weppener lei hierdie jaar ons eredienste tydens Pinkster. Hy doen dit na aanleiding van die Afskeidsgesprekke wat Jesus met sy dissipels gehad het en wat in Johannes 13-17 opgeteken is. Hierdie gesprekke vind plaas aan die tafel waar Hy die laaste keer saam met sy dissipels eet en ook tussen die wingerde.

Gisteraand het Hy onder andere die Heilige Gees vergelyk met ‘n soufleusse in’n teater. ‘n Souffleuse is die persoon wat met die volledige teks iewers staan of sit. Wanneer iemand op die verhoog sy woorde vergeet, is sy die een wat vir daardie persoon sy woorde fluister en Hom herinner wat Hy moet sê. Die Heilige Gees doen dit in ons lewens.

Ek dink maar net hoe Hy dit in my eie lewe doen. Continue reading

1 Kommentaar

Filed under Pinkster

DIT IS PINKSTERTYD

Ons bely tydens ‘n erediens: “Ek glo in die Heilige Gees.” Hierdie week word daar in die meeste NG Kerke Pinkster-eredienste gehou. ‘n Tradisie wat al meer as 150 jaar oud is. ‘n Goeie tradisie. Die eredienste vind plaas in die tyd tussen hemelvaart en Pinkster. In ‘n poging om iets van die eerste Christene se ervaring te deel of te herroep, kom gemeentes in die kerk bymekaar en dink aan die dissipels wat in die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster gereeld op dieselfde plek bymekaar was en op die vervulling van die belofte van die Heilige Gees gewag het. En toe die wonderlike belewenis gehad het wat in Handelinge 2:1-13 beskryf word.

Die Heilige Gees speel in die Gereformeerde kerk dikwels tweede viool.   Continue reading

12 Kommentaar

Filed under Pinkster